Die Moederland Is In Groot Gevaar

Afrika , mama Afrika
Die geboorteplek van mensdom
Die Moederland, Afrika is so mooi
in alle aspekte , Maar……

Die Moederland is in groot gevaar
En ons almal wag vir die beter dae
Die dae wanneer hierdie lewe weer
opwindend sal wees, die dae
wanneer mense weer kan lewe
sonder vrees

Dit is vir my baie hart verskeurend,
om net te sien in watter toestand
ons lande en ons gemeenskappe is
Elke persoon gaan vir self veryking
En kyk verby die belangrike goed

Dit is so verkeerd
Want ons moet nou meer as ooit saam staan, Die omgewing ly
Die gras is nie meer groen
So my vraag is… Wat Gaan Jy Doen?

Published by Requelne Arnold

I am a writer from Cape Town, South Africa 🇿🇦. My love for writing started in 2018 in primary school when I received an award for an essay that I wrote. I will never forget the educator who saw my true potential, my grade 6 teacher, the late Miss V. Alexander, she was the one who gave me the award. Eversince then the pen, book and I became very close friends.

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started